Ongehoorde water- en elektrisiteit-aanslag

Dit is duidelik dat ’n verandering in plaaslike regering geensins tot voordeel van die kiesers gestrek het wat hulle ingestem het nie.

Ongeag dat ek vir die eerste twee weke van Oktober met vakansie weg was, ontvang ek ’n elektrisiteit- en waterrekening wat die vorige maand met R1 000.00 oorskry.

Ek dien my meterlesings maandeliks per E-Pos in en versoek ’n bewys van ontvangs, wat nie gebeur het nie, asook ’n kennisgewing aan die buitekant van my erf.

Navraag by die plaaslike munisipale kantore openbaar ’n geskatte waterverbruik van 56kl teenoor 11kl werklike verbruik en geskatte elektrisiteitverbruik van 398kw teenoor 262kw werklike verbruik.

Ek wonder nou maar net of daar enige waarheid in ’n vriend se opmerking steek dat dit tyd is vir bonusse en ons lesings gelaai word om daarvoor voorsienning te maak. Of kan dit wees om vir die bouwerk aan die stadsaal voorsienning te maak.

Die uwe.
W.J. Matthee van Valhalla

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Gee ons nie meer om nie?