Wat word van die land as daar geen Sabbatdag is nie?

Geagte Redaksie

Ek loop sedert Sondag met die gedagte dat die land op pad is na ’n situasie waar daar nie meer ’n Sabbatdag vir mense is nie.

Ons kom van die kerk af en sien hoe die werkers besig is om die straat se bome te snoei op die heilige Sondag. Is daar geen respek meer vir die dag van die Here nie? Of is dit vir oortydbetaling dat hulle Sondag werk?

Al die gesnoeide takke lê steeds op die sypaadjies en wag – seker weer vir Sondag om opgeruim te word. Oortydbetaling.

Dinsdag het ’n waterpyp gebars en ek het dit so nege-uur aangemeld, asook van die bure. Die hele dag het die kosbare water straataf gestroom.

Die aand, net voor half-agt het hulle die pyp kom regmaak. Weer oortydbetaling, maar donkerwerk is konkelwerk, want vandag lek dit weer op dieselfde plek.

Kosbare water stroom weer tot wie weet watter tyd straataf.

Ons het so ’n pragtige land van die Here ontvang. Laat ons asseblief die land en sy hulpbronne oppas en die dag van die Here eerbiedig.

Wie betaal vir dit alles?

Groete, Anoniem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
What to do at an accident scene