Stoei klub gee hulde na motorongeluk

Die Noord-Gauteng Stoei klub bring hulde aan ‘n jong Pretoria stoeier wat onlangs oorlede is.

Andre Brink (13), van Groenkloof, is op 16 Desember op die pad tussen Brandford en Theunissen in ‘n motorongeluk oorlede.

Hy en sy familie het in Groenkloof, in die ooste van Pretoria gewoon.

LEES OOK: Pretoria-vrou sterf in ongeluk op pad na musiek-optrede

Andre het aan die Tuks stoei klub behoort en was deur Kobus van den Berg opgelei.

“Andre was ‘n baie toegewyde stoeier,” sê Van den Berg.

Volgens Van den Berg het Andre al die Suid-Afrikaanse kampejoenskappe in freestyle asook in Greco/Roman gewen.

Hy het aan die Gauteng Noordvaal elite span en die Tuks liga span behoort.

LEES OOK:Student beseer in tref-en-trap-ongeluk

Volgens voorsitter van direksie en bestuurshoof van Solidariteit Helpende Hand, Dirk Hermann, is hulle hard getref deur die tragedie.

“Dit blyk of ’n band gebars of losgeraak het. Die motor het die pad verlaat en verskeie kere gerol,” sê Hermann.

“Danie [Andre se pa] en twee van sy kinders het slegs ligte beserings opgedoen terwyl sy vrou en een seun in die hospitaal op Welkom opgeneem is vir behandeling,” sê Hermann.

Danie se ander twee kinders, Andre en Rachel is op slag dood.

“Danie se vrou, Lise is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal en haar rugoperasie is voorlopig geskeduleer vir Woensdag, afhangend van haar longontsteking toestand wat sy opgedoen het.”

‘n Spesiale ongelukondersteuningsfonds is vir die familie gestig nadat mense aangebied het om hulle by te staan na hulle ongeluk.

Die fonds is gestig om die slagoffers, veral Lise, te ondersteun.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Kayla van Petegem

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SPCA broken into yet again

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other