Vrou in grypaanval by Fonteine-sirkel

’n Vrou was Dinsdagoggend naby Centurion in ’n breek-en-gryp-aanval betrokke.

Die slagoffer, Marlize Holtzhausen, sê die voorval het omstreeks 09:30 by die Fonteine-sirkel, tussen Centurion en die ooste van Pretoria, gebeur.

“Ek was op pad na ‘n ambassade in Pretoria. Toe ek by die verkeerslig stop, hoor ek net ’n kapgeluid aan my regterkant gevolg deur ’n ontsaglike harde geluid aan die linkerkant van my linkervoorruit wat gebreek word,” vertel Holtzhausen.

Sy sê dit het baie vinnig gebeur en vermoed die kapgeluid aan die regterkant was die skurke wat haar aandag probeer aftrek het.

“Hulle het alles gegryp wat hulle kon en dit was binne sekondes verby.”

Haar selfoon was een van die items wat gesteel is.

Holtzhausen het almal bedank wat haar gehelp het.

“Na die grypaanval, het ’n vrou in die voertuig voor my uitgespring en vir my ’n polisievoertuig uitgewys wat omtrent twee voertuie agter my gestaan het,” sê Holtzhausen.

Die Sentraalpolisie was binne minute by haar en het haar deur alles gehelp, sê sy.

“Die polisie het my na die Sunnyside-polisiestasie geneem waar ek die diefstal aangemeld het,” sê

Holtzhausen.

Watch video:

Holtzhausen is ook dankbaar teenoor haar vriendin Lizelle Klem van Rapid Response.

“Sy het al die nooddienste gebel en laat weet om my te kom help.”

Holtzhausen bedank ook vir Mark Jordan en Banie van Vollenhoven van Telkom, wat haar vinnig bygestaan het.

Die Fonteine-sirkel is al vir baie jare ’n breek-en-gryp-aanval- en kapingsone.

Misdaadstatistieke van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat verlede jaar vrygestel is, het getoon dat kapings aansienlik toeneem.

Volgens die polisie, was daar meer as 14 600 beweerde motorkapings tussen 2015 en 2016.

Dit is 14,3 persent meer van die 12 770 gevalle in die vorige tydperk.

Volgens statistieke word 40 motors elke dag in Suid-Afrika gekaap (35 in 2015), of min of meer ’n motor elke 36 minute.

Arrive Alive sê: “Die verantwoordelike bestuurder sal in staat wees om die meeste grypaanvalmisdaad te voorkom. As daar niks is om te gryp nie, is daar geen rede om die venster te breek nie.”

“Sedert ons die boot-up-or-loose-it-veldtog in Tshwane-Sentraal begin het, is daar net min of meer een grypaanvalvoorval per maand,” het kaptein Collete Weilbach in September aan Rekord vertel.

Holtzhausen raai inwoners aan om die Rapid Response-App op hul selfoon af te laai.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Naak man lê in pad om mense te kaap