Hoogspring, verspring en lekker sing by Laerskool Witpoort

Dillon Prinsloo in aksie met die o.13 spiesgooi (Fotokrediet: Tanja van Heyningen)

Vanjaar se huissport was weer ’n hoogtepunt op Laerskool Witpoort se kalender.

Die Fisante met hul geel en Tarentale met hul blou spandrag het op Saterdag, 14 Januarie, gesorg vir goeie atletiek en baie pret.

Die gees het van vroegoggend af hoog geloop toe die Fisante met ’n geel laaigraaf opgedaag het om die optog om die baan te lei, met die Tarentale kort op hul hakke.

Talle rekords is verbeter en ’n hoogtepunt was die o.6-seuns se 60m wat Pieter Ferreira in 11.30s gewen het.

Verdere rekords sluit in: Pieter Ferreira, seuns o.6 in die 80m met ’n tyd van 15.19s. Christiaan Franken, seuns o.10 in die 1 200m met ’n tyd van 4:20:94. Gustav Combrink, seuns o.11 in die 70m hekkies met ’n tyd van 12.82s en in verspring met ’n afstand van 4.21m. Isak Cloete, seuns o.11 het die rekord in hoogspring geëwenaar met ’n hoogte van 1.33m. Hester Gondwe, meisies o.12 hoogspring met ’n hoogte van 1.30m. Dillon Prinsloo, seuns o.13-spiesgooi met ’n afstand van 31.37m.

Hester Gondwe is aangewys as die victrix ludorum en Gustav Combrink as die victor ludorum van die byeenkoms.

Die graad 7-ouers het ook bygedra tot die gees. Onderwysers en selfs ouers se hare en gesigte is in spankleure gespuit as deel van die graad 7-geldinsamelingsaksie.

Die wenspan vir die dag, was die Tarentale, alhoewel die Fisante gesorg het vir goeie gees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Laerskool Anton van Wouw Astro Quiz

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other