Witpoorters laat rekords spat

Elri Becker ontvang haar goue medalje vir die item van die dag, dogters o.11 gewigstoot.

Tuis-atletiekbyeenkomste is altyd ’n hoogtepunt vir Witpoort-leerders en hul besoekers.

Laerskool Witpoort het Donderdag 19 Januarie hul eerste byeenkoms tussen Witpoort, Cullinan en Die Krans gehad.

Dié dag het gesorg vir uitstekende atletiek en ’n goeie sportmangees tussen leerders van verskillende skole.

Witpoort se tweede tuisbyeenkoms was ’n stryd teen Laerskool Kameelfontein en Noorderlig Gekombineerde skool op Dinsdag, 24 Januarie.

Die hitte van die dag het atlete nie laat weifel nie en Witpoort het as die wenspan uit die stryd getree.

Die item van die dag was Elri Becker, dogters o.11 gewigstoot, met ’n afstand van 7.2m.

Twaalf ander rekords, almal verbeter deur Witpoort-atlete, het ook op die dag gespat.

Onder die rekordhouers is Pieter Ferreira, wat weereens die rekord vir seuns o.6 60m verbeter het en op so ’n jong ouderdom alreeds opskudding onder die naellopers veroorsaak.

Die doel van die tuisbyeenkomste is om atlete voor te berei vir die Cluster-atletiekbyeenkoms wat op Donderdag 2 Februarie 2017 by Die Wilgers plaasvind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Top of the class 2016: Pretoria Boys high school