Stephanus Roos skop atletiekseisoen goed af

Laerskool Stephanus Roos het die atletiekseisoen goed afgeskop toe hulle onlangs ’n poel byeenkoms aangebied het.

Mededingende skole vir die dag was Laerskool Skuilkrans, Elarduspark en Lynnwood.

Laerskool Stepanus Roos het as oorwinnaars vir dié dag weggestap met 491 punte op die telbord.

Laerskool Elarduspark en Lynnwood het gesametlik tweede plek verower met 463 punte.

Die top 20 atlete van die byeenkoms is gestuur na die top 20 laerskole byeenkoms wat te Ruimsig gehou is.

Chinique Jenkins het twee rekords gebreek, in die 150m en verspring, wat haar die toekennings vir beste veld atleet en spronge atleet besorg het.

Xavier Harmse het ook gewys hoe dit gedoen word deur die 60m en 80m rekords te verbeter dié dag.

Die skool het ook eerste in die cluster-byeenkoms geeindig wat op 7 Februarie by Oos-Moot plaasgevind het,

Ses-en-dertig atlete het deurgedring na die distriksbyeenkoms wat op 20 Februarie plaasgevind het te Pilditch en hulle 14 eerste plekke in die verskeie items verower.

 

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Samwu wants mayor to prioritise on jobs