Menlopark wen wéér die A-bond interhoër

Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese ster van Affies, Ntando Mahlangu, was een van die uitblinkers by Vrydag se A-bond interhoër atletiekbyeenkoms op die Pildich baan. Foto: Leandri Lombard, Actionpix

Die Hoërskool Menlopark het hul status as Pretoria se beste atletiekskool herbevestig toe hulle die stad se A-bond interhoër atletiekbyeenkoms Vrydag oortuigend gewen het.

Die byeenkoms is in die Pilditch stadion aangebied.

Menlopark was met 2373 punte die algehele wenner en hulle het 233 punte voor hul naaste teenstander, Prestige College (2140) van Hammanskraal geëindig. Hoërskool Waterkloof (2069 punte) het derde geëindig, gevolg deur Hoërskool Zwartkop (2020 punte), Hoërskool Garsfontein (1972 punte), Hoërskool Montana (1864 punte) en Hoërskool Oos-Moot (1764 punte).

Afrikaans Hoër Meisieskool (1294 punte) het die beste meisie-span by die byeekoms gehad, terwyl Afrikaans Hoër Seunskool (1345 punte) se seuns-span hulle afdeling gewen het.

Na ’n week van aanhoudende reën was die A-bond skole gelukkig om op ’n droeë baan te kon deelneem. Die hele byeenkoms is in swaar bewolkte weer afgehandel, maar die reën het weggebly. Die bewolkte weer het die atlete gepas, aangesien dit die bloedige Februariemaand hitte en sonskyn gedemp het.

Hierdie koeler weer het ook bygedra tot puik prestasies van die atlete. Sommige van Suid-Afrika se heel beste junior atlete was in aksie by die byeenkoms, wat met enkele uitsonderings saamgestel is uit Pretoria se beste makroskole.

Die standaard van die atletiek word onderstreep deur die feit dat 30 nuwe rekords by die byeenkoms opgestel is. Vier hiervan het rekords verbeter wat 15 jaar (sedert 2002) gestaan het.

Altesaam 65 atlete kon daarin slaag om prestasies te behaal wat meer as 1000 punte op die bekende ABSA-tabel werd was. Die top prestasie van die byeenkoms in hierdie verband het behoort aan Ntando Mahlangu van Affies, wat die 800m vir seuns o.15 in 1,56.1 minute gewen het om daarmee 1200 ABSA-punte te verdien. Dié gewilde lemnaeler was ook verlede jaar een van Suid-Afrika se sterre by die Paralimpiese Spele in Rio.

Die kwaliteit van die atletiek word verder onderstreep deur die hoeveelheid items waar drie of meer atlete die magiese 1000 ABSA-punte kon bereik of oortref. Die beste item van die dag in dié verband was die 110m hekkies vir seuns o.16, waar vyf atlete tye van minder as 14,4 sekondes vir meer as 1000 ABSA punte kon aanteken. Daar was ook twee items (seuns o.14 diskus en 800m vir seuns o.17) waar vier atlete telkens meer as 1000 ABSA punte verdien het. In die 800m vir seuns o.14, die 800m vir seuns o.15 en die verspring vir seuns o.14 het drie atlete telkens meer as 1000 ABSA punte verdien.

Dit was veral die naellope en sommige velditems wat atletiekkenners se tone sou laat krul van lekkerkry, aangesien skitterende prestasies in hierdie nommers aan die orde van die dag was. Dit is opmerklik dat agt seuns (twee o.16, drie o.17 en drie o.19) daarin kon slaag om die 100m in minder as 11 sekondes af te lê. Onder die senior seuns (o.19) het daar ’n taai stryd geheers tussen drie atlete en hulle het al drie daarin geslaag om 11 sekondes in die 100m en 22 sekondes in die 200m te troef. Thembo Monareng van Garsfontein (10,67s en 21,19s) het albei items gewen, terwyl Ruben Meiring van Affies (10,78s en 21,49s) telkens tweede was en Eric van der Walt van Menlopark (10,9s en 21,61s) die bronsmedaljes verower het.

Die byeenkoms is deur Hoërskool Montana aangebied en gesien in die lig van die logistiek wat hanteer moes word met sulke groot deelnemende skole, het dié skool uit die noorde van die stad hulle in elke opsig skitterend van hul taak gekwyt.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Jong plaaslike atleet as wêreldkampioen gekroon

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other