OPVOLG: Parke in die weste skoner

Die skoonmaak van velde en parke in die weste van Pretoria duur voort.

LEES OOK: Lardies is ernstig oor herwinning

DA-raadslid Elma Nel en munisipale amptenaar Kgomotso Mohlala het verlede maand besoek aan die probleemgebiede gebring.

Nel sê sy beplan om weer volgende week Woensdag al die gebiede weer te besoek om die vordering te monitor.

“Ek is vreeslik opgewonde om ’n verskil in my wyk te sien,” sê sy.

Twee weke na haar eerste besoek, het Nel weer ’n draai by al die gebiede gemaak en gevind dat baie verbeteringe gedoen is.

“Ons sal daarvan hou om sommige van die oop velde in veilige parke te omskep – waar kinders kan speel en inwoners met hulle diere kan stap,” sê sy.

“Dit is vir my so goed om te sien dat daar al so ’n groot verskil is aan al die probleemgebiede.”

Een van die parke wat ’n doring in die vlees vir vele Pretoria-Wes inwoners is, is die Sinovich-dam, beter bekend as die Groendam in Daspoort.

Die dam in Charl Cilliers-straat het deur die jare ’n bestemming vir onwettige stortings geword.

’n Inwoner van Daspoort, wat naby die dam woon, het verlede jaar aan Rekord vertel dat die stank van die dam op warm dae oorweldigend is.

LEES OOK: Erf van onheil skoongemaak

Heelwat hawelose mense het ook die dam hulle tuiste gemaak.

Toe Nel die dam weer op 15 Februarie besoek, was dit heelwat skoner en die stank was weg.

Inwoners sê ook dat die dam in ’n veel beter toestand is.

Die enigste oorblywende probleem is die onhigiëniese badkamers op die terrein.

Booysens inwoner Johan Cloete, wat saam met Nel en Mohlala op die besoek was, sê hy wil ’n nuwe projek begin om Pretoria-Wes op te ruim.

Cloete sê die projek se slagspreuk gaan wees: “Vat jou buurman en maak skoon.”

“Al begin inwoners net hulle tuin voor en by hulle sypaadjies opruim, gaan dit al klaar ’n groot verskil maak,” sê Cloete.

“As almal saam staan en help, kan ons weer ons leefomgewing mooi maak.”

LEES OOK: Herken jy hierdie kissie?

Nel raai inwoners aan om nie te wag vir ’n inisiatief voor hulle iets doen nie, maar om self in te spring.

“Dit begin by jouself. As almal verantwoordelikheid aanvaar, kan ons uiteindelik ’n baie mooi omgewing hê.”

Kommentaar van die metro kon nie dadelik verkry word nie.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
See Dan Patlanksy in Pretoria