Affies-hekwag vereer

Vincent open die restaurant wat na hom vernoem is.

Leerders van Afrikaanse Hoër Meisieskool het die skool se restaurant na hul hekwag vernoem.

Vincent Mthembu (43) werk reeds 11 jaar by Affies en was sigbaar oorweldig deur die eer wat hom aangedoen is.

“Dit sal my hart breek as iets slegs met die restaurant Vincent’s moet gebeur,” sê hy.

“Want dit sal ook beteken dat my naam in gedrang gebring word.”

In die soeke na die naam moes elke klas twee opsies gee. Hierdie lys is aan die gradegroepe voorgelê wat elk twee name gekies het.

Die 10 verkose name is aan die leerders van die skool voorgelê en hulle het met ’n oorweldigende meerderheid vir Vincent gestem.

Name wat genoem is, sluit in Café le Blue, Die Pêrel, Affieteria, Cafe@Bond en #eksienhaareet.

Hoofmeisie Zahn Rijnen het die beheerliggaam bedank vir die restaurant en dit bestempel as as ’n geskenk aan leerders.

“Die naam Vincent kan op verskeie vlakke interpreteer word, die mees voor-die- handliggende een is om eer en hulde aan ons getroue hekwag Vincent te bring,” het sy gesê.

“Vincent weerspieël die gees en karaktereienskappe van ’n ware Affie –vriendelikheid, behulpsaamheid, ywer, passie en self op donker dae en ’n egtheid van gees.

“Vincent, ons beskermer en rolmodel. Hierdie vernoeming is ‘n toonbeeld van ons bewondering van jou.”

Die restaurant Vincent’s is oop vir die skool en die publiek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Dieting – the most stressful thing to do to yourself

 

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Garsies wen Stadsbeker

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other