Tuks is die nuwe Varsitybeker kampioen

Tukkies vier fees nadat hulle Maties Maandagaand in Pretoria met 28-21 in die Varsitybeker eindstryd geklop het. Foto: GB Jordaan

Pote Human se Tukkies is Maandagaand as nuwe kampioen van die Varsitybeker gekroon toe hulle die perfekte eindstyrd taktiek toegepas het om Maties met 28-21 te klop.

Daar is sedert vroegmiddag ook groot fees gevier in die Tuks rugbystadion, want die kompetisie se tiende verjaardag is terselfdertyd gevier.

Soos te wagte het die wedstryd baie intens en teen ’n enorme tempo begin. Daar is van die afskop af aangeval en Tuks het sommer vroeg gevaarlik gelyk as hulle die bal lug gee.

Maties het egter besit omgekeer en effens teen die verloop van spel het die slot Janco Venter ’n kort aangee reg voor die pale raakgevat om deur te storm vir die eerste drie van die wedstryd na net vyf minute se spel. Die beweging het in Maties se eie helfte begin en die drie was sewe punte werd.

Vyf minute later het die tuisspan teruggeslaan met ’n drie van hul eie. Dit was die kaptein, Chris Massyn, wat ’n dryfbeweging kon afrond.

Hierna het ’n hewige armdruk stryd begin en nie een van die twee spanne wou ’n duim vir hul opponente terugstaan nie.

Tukkies het ’n hele paar realistiese kanse geskep om te druk, maar dit wou lyk of hulle by die Bulls aangesteek het. Hulle het telkemale tot in die kwartgebied gevorder, maar kon weens ongedwone foute net nie afrond nie.

Die telbord is intussen aan die gang gehou met strafdoele. Na twee strafdoele aan elke kant was die rustydtelling 15-13 in die guns van die manne uit Stellenbosch.

Die keerpunt in die wedstryd was Divan Rossouw se drie sowat 10 minute na rustyd. Rossouw (buitesenter) het ’n perfekte steekskoppie van Tinus de Beer opgevolg, die bal het vir hom reg gespring en hy kon van die halflyn af deurnael om onder die pale te druk.

Tuks was hierna vir die eerste keer in die wedstryd voor op die telbord en hulle het die feit dat hulle twee puik losskakls in hul agterlyn gekies het, tot hul voordeel gebruik. Tinus de Beer (losskakel) en Joshua Stander (binnesenter) het Maties op die agtervoet gehou met slim skopwerk. Tuks se puik verdediging hiermee saam het die gevolg gehad dat die Kapenaars nooit weer momentum kon opbou nie.

Tuks het ook voorlangs begin oorheers en sodoende die lewe stadig maar seker uit Maties gepers. Hulle is tot foute gedwing en De Beer kon die res doen deur die telbord aan die gang te hou met strafdoele.

Met hierdie oorwinning het Tukkies hul derde titel in die kompetisie gewen, wat hulle nou saam met Maties die suksesvolste spanne in die tienjarige geskiedenis van die toernooi maak.

PUNTEMAKERS:

TUKKIES: 28 Drieë: Chris Massyn, Divan Rossouw (7 punte). Doelskoppe: Tinus de Beer (2). Strafdoele: Tinus de Beer (4)

MATIES: 21 Drieë: Janco Venter (7 punte). Doelskoppe: Chris Smith (1). Strafdoele: Chris Smith (3), Tiaan Swanepoel (1).

Skeidsregter: Jaco Pretorius

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Ine-Mari Venter breaks through on international netball stage

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other