Wen kaartjies om die Leeus teen Bulle wedstryd te kyk

Ray Dylan en Franja du Plessis gaan ondersteuners vermaak op 20 Mei 2017 op Emirates Airline Park, wanneer die Emirates Lions en die Vodacom Bulls kragte meet.

Die wedstryd skop om 17:15 af. Maak seker jy is daar vir die voor-wedstryde tussen die Xerox Golden Lions en Vodacom Blue Bulls (Supersport Rugby Challenge), asook die Rustenburg Impala Rugby Club teen die British Police.
Kom en geniet die dag saam met jou familie en vriende. Daar is verskeie vermaak van braaivleisvure tot ’n biertuin. #BeThere met jou rugbytrui en maak seker jy deel jou #MyLionsMoment op Instagram!

Vir meer inligting, kliek hier.

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een van 20 kaartjies te wen om die wedstryd te kyk. Om in te skryf vir die kompetisie, vul gerus die inskrywingsvorm in hieronder en gebruik die woord ‘RUGBY’ in die sleutelwoord blokkie.

Kompetisie sluit 15 Mei 2017.

Competition form

 

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Art Pop-Up shop to wow PTA art lovers