NASIONALE NUUS: Boer en honde baklei terug teen aanvallers

Gerrit Dercksen, ‘n melkboer, was ongeveer 21:00 Vrydagaand saam met ‘n werker in die stalle besig om skoon te maak na hulle gemelk het, toe die drie rowers, gewapen met ‘n vuurwapen en skerpgemaakte ystervoorwerpe hulle oorval het, rapporteer die Kormorant.

“Die mans het my van agter af aangeval en vasgegryp. Ek het die aanvaller se hand met die rewolwer langs my gesien en dit vasgegryp en toe bestorm die ander twee my en begin my met die ysters slaan,” het Dercksen dié week aan Kormorant vertel.

Volgens Kormorant, Dercksen se werker het geskree en een van die mans het op hom afgestorm en hom oor die kop geslaan. “Ek het met die aanvaller met die vuurwapen gestoei en dit reggekry om hom teen ‘n muur vas te druk en die vuurwapen in sy rigting te draai. Die ander twee het my herhaaldelik met die ysters geslaan.”
Dercksen en die werker se geskree het veroorsaak dat sowat agt van die familie se 20 honde die stalle binnegestorm het.

Lees die volledige storie op Kormorant

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Daleen van Manen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
NASIONALE NUUS: Gesin benodig dringend hulp