Laerskool Tygerpoort kry nuwe klavier

Van links is: Mnr. Pieter van den Berg (Musica Musical Instruments), Mnr. NJ Coetzee (skoolhoof), Mev. N Coetzee (kultuurhoof), Mev. K Roberts (Beheerliggam-Kultuur).

Laerskool Tygerpoort se beheerliggaam het onlangs die aankoop van ’n nuwe wêreldklas klavier goedgekeur.

Laerskool Tygerpoort is een van ’n handjie vol skole in die stad wat jaarliks die Pretoria-Eisteddfod aanbied.

Die skool bied die afdelings solosang gr. R-7 en kore kompetisie aan.

Die skool se kultuur-departement bied ook jaarliks etlike koorfeeste, talentaande en elke drie jaar bied hulle ’n revue aan.

Met die aankoop van die klavier sal die skool se kultuur van krag tot krag gaan.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Laerskool Tygerpoort koorfees ‘n sukses