Krulhaar komediant laat gehoor krul soos hul lag

Schalk Bezuidenhout.

Die komediant met sy kenmerkende swart krulhare en verspotte truitjies het Pretoria-gehore laat skaterlag met sy eenmanvertoning, Voksbesit (sic).

Die konsert was op 15, 16 en 17 Junie in die Atterbury-teater te sien.

“Waaroor gaan die vertoning? Dit gaan oor niks. Dit gaan nie oor een ding nie,” sê Schalk Bezuidenhout.

“Komedie is nie ’n ding wat jy kan vasvang nie. Ek praat oor ’n verskeidenheid onderwerpe oor my lewe, aktuele nuusgebeure, stories.”

Die Atterburyteater is een van sy gunsteling plekke in Pretoria om in op te tree.

“Dit is so ’n groot lokaal, maar steeds voel dit intiem.”

INSERT VOICE CLIP –

 

Mense kan verwag om te lag.

“As mense ’n kaartjie koop vir ’n ‘comedy-show’ sê hulle altyd ‘Jissie, ons hoop ons gaan lag,’” sê Bezuidenhout.

“Mense is bang vir komedie. Hulle is bang die komediant sê iets walglik. Ek gaan regtig nie uit my pad om mense te skok nie. Ek dink my vertonings is iets wat almal kan geniet.”

Bezuidenhout is nie net ’n “stand-up” komediant nie, maar ook die aanbieder van die werklikheidsreeks Die Kliek op die Via DSTV-kanaal.

Hy was ook ’n akteur in die Afrikaanse program Hotel wat op KykNet gespeel het.

“Ek het drama studeer. Ons gaan nog ’n seisoen van Hotel skiet.”

Hy gaan ook later vanjaar in ’n rolprent te sien wees.

“Mense gaan ’n ernstiger kant van my sien, want die rolprent is glad nie ’n komedie nie.”

Bezuidenhout sê sy komedie is nie net op een groep mense gerig nie.

“Ek wil hê almal moet na my optredes kom kyk. Selfs konserwatiewe tannies wat nie van vloek hou nie. Hulle gaan dalk nie so baie daarvan hou nie, maar hulle moet ook kom kyk.”

Bezuidenhout beskryf humor as ’n universele onderwerp.

Een van die vertoning se onderwerpe is dinge wat sy aanhangers nie van hom weet nie.

“Mense weet nie dat ek in ’n stadium ’n baie jaloerse kêrel was nie. Ek was een van daardie ouens wat ten alle tye wou weet waar my meisie was,” vertel hy.

“Ek probeer regtig goed met mense deel waar hulle my kan leer ken. Alhoewel ek nie trots daarop is nie, dink ek dit is vir gehore lekker as hulle iets van my weet wat baie persoonlik is.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
NEWSFLASH: Police launch manhunt for three men after shoot-out in the north of Pretoria

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other