Molestering saak word ondersoek in die ooste

’n Ouerpaar soek antwoorde nadat hulle agtergekom het dat hulle vierjarige dogtertjie seksueel aangerand is.

Brooklyn polisiewoordvoerder Kaptein Colette Weilbach het bevestig dat ’n saak van seksuele aanranding geopen is en ondersoek word deur die “Tshwane Central Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit”.

Die ma van die dogtertjie (anoniem ter beskerming van die kind) vertel dat sy in verlede maand haar kind gebad het.

Dis toe dat sy agterkom dat iets by die kind se geslagsorgaan nie pluis was nie.

“Ek het haar room gesmeer en toe vir haar gevra wat gebeur het.”

Volgens haar het haar kind alles in fyn besonderhede vertel.

“Sy het ’n maatjie se naam gebruik. Ek is toe die volgende dag skool toe. Die juffrou het my verwys na die skool se arbeidsterapeut.”

’n Woordvoerder van die skool het bevestig dat die polisie wel die skool besoek het.

“Enige inlingting wat die polisie aangevra het, het die skool aan hulle verskaf. Beeldmateriaal en verklarings is verskaf.”

Die woordvoerder sê dat dit uiters hartseer sal wees indien die kind wel gemolesteer is.

“Of dit by die skool was al dan nie.”

Die kind was vir sowat ’n jaar in ’n Pretoria-Oos skool.

“Sy het vir haar eerste sessie gegaan.”

“Dit het toe uitgekom dat my kind slegs die maatjie se naam gebruik.”

Die ma sê dat sy van die opinie is dat die maatjie nie verantwoordelik is daarvoor nie.

“Ons sukkel om feite te kry, wat dit baie moeilik maak.”

“Ek wens daar was ’n makliker manier om die situasie te hanteer.”

Sy vertel dat die arbeidsterapeut haar na ’n dokter verwys het.

“Ons was eers by ons huisdokter, maar is toe na ’n pediater.”

“Die pediater het bevestig dat daar wel aan my kind gepeuter is.”

Die kind is gemolesteer.

“Sy is toe gestuur vir bloedtoetse waar daar getoets was vir HIV asook enige seksuele oordraagbare siektes.”

“Dit het gelukkig negatief uitgekom.”

Volgens haar ma het die pediater vir hulle gesê dat haar kind se vliesie geskeer is.

“Haar hymen is weg.”

Die pediater wou nie kommentaar lewer nie.

Die kind is by ’n forensiese terapeut.

Volgens die ma het die polisie aan haar bevestig dat die saak verander is na verkragting omrede die wette in 2007 verander het dat enige penetrasie as verkragting beskou word.

Die kind is reeds uit die skool gehaal.

“Vandat ons haar uit die skool gehaal het, is sy ’n ander kind. Sy is klaar beter.”

Volgens die ma vermoed sy dat die voorval wel by die skool gebeur het.

“’n Teken was dat sy konstant gehuil en geklou as ons haar afgelaai het die laaste ruk.”

“Sy het ook haarself in die skoolbadkamers toegemaak.”

Die skoolwoordvoerder sê geen badkamer kan sluit nie, omdat die kinders dit nie weer sal kan oopsluit nie.

Volgens die ma laat sy nooit toe dat haar kind by ander kinders gaan speel of uitslaap nie.

“Ek is ’n baie oorbeskermende ma. Dit is juis hierdie tipe goed wat ’n ma wil verhoed.”

“Ek as ouer gaan baklei vir my kind se regte wat van haar ontneem is. Ek gaan nie ophou tot die skuldige gevang is nie.”

Die skoolwoordvoerder het bevestig dat talle vergaderings wel met die ouers gehou is.

“Die arbeidsterapeut het ook met die ma ontmoet,” sê die woordvoerder.

“Dit is hartverskeurend vir ons om in die situasie te wees, maar dit wat ons kon verskaf het ons wel verskaf.”

Die woordvoerder sê dat die ma ’n e-pos aan haar kind se juffrou gestuur het om die juffrou te bedank vir die feit dat haar kind so gelukkig was in die klas.

“Ons weet dat die kind gelukkig was terwyl sy hier in die skool was.”

“Ons hoop regtig dat die polisie die saak kan oplos en dat die families die nodige ondersteuning bied. Ons bid dat hierdie kleintjie kan aangaan met haar lewe.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

  AUTHOR
Mari Rheeder
Online Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
New blood for city administration