Mediese suster wen ’n stryd in die hof oor haar plasing

’n Hofstryd oor die plasing van ’n mediese suster is verlede Dinsdag deur die vakbond Solidariteit gewen.

Hy het namens ’n lid, Dané Hertz, in die Hooggeregshof in Pretoria, opgetree.

Die hof het beveel het dat Hertz, ’n gekwalifiseerde mediese suster, binne 30 dae in ’n gemeenskapsdiensposisie geplaas moet word.

Die hof het gehoor dat die minister van gesondheid en sy departement hul wetlike plig sedert Januarie 2017 versuim het om Hertz in ’n gemeenskapsdiensposisie te plaas.

LEES OOK: Radio Raps steeds kritiek in Pretoria-hospitaal

Solidariteit het op 15 Junie die minister van gesondheid en die departement in ’n skrywe versoek om Hertz binne sewe dae te plaas.

Hulle het in gebreke gebly om gehoor te gee aan die versoek.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, skep die hofbevel ’n belangrike presedent wat in soortgelyke omstandighede toegepas kan word.

“Dit word duidelik dat die publiek se geduld begin opraak met die staat se blatante nalatigheid om aan sy statutêre verpligtinge te voldoen,” sê Van der Bijl.

“Ons beplan om binnekort soortgelyke aksies teen die departement van gesondheid te van stapel te stuur.”

Van der Bijl sê die hof het beveel dat Hertz geplaas moet word by die kliniek, waar sy aanvanklik aansoek gedoen het.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bekende se stelling oor homoseksualiteit het mense aan die gons

“Ons is baie verheug oor die uitspraak van vandag, maar dit is hartseer dat ons sover moes gaan net om die minister en departement van gesondheid te verplig om hul statutêre verpligtinge na te kom,” sê Van der Bijl.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitAutodealer.co.za
Top
Next Story x
Cool weather expected this week

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other