Polisieman ken sy wapens

AO Charles van Wyk. Foto: Verskaf.

Adjudant offisier Charles van Wyk is die hoof van die Firearms Liquor en Second Hand Goods (Flash) eenheid by die Garsfontein-polisiestasie.

Hy en vyf ander lede is verantwoordelik vir die oorhoofse toesien van pligte by die kantoor, die ontvangs, nagaan en verwerking van nuwe en hernuwings van vuurwapenlisensies en ook die uitreiking van bevoegdheidsertifikate deur individue en handelaars.

Hy ondersoek die nalatige hantering van vuurwapens en dit sluit ook verhore in. “Ek besoek ook wapenhandelaars en sekuriteitsfirmas in die Garsfontein-wyk om te verseker dat registers in orde en in plek is volgens die wet en regulasies.”

LEES OOK: Meyerspark hou gesamentlike patrollie

Van Wyk is ook die oorhoofse koördineerder van drank en tweedehandse goedere en lede se dienste. Dit is hy wat moet toesien dat operasies en inspeksies voldoen aan die vereistes soos in die wet uiteengesit.

Van Wyk se passie vir die polisie het reeds in 1988 begin en hy is sedert Februarie 2011 by die Garsfontein-polisiestasie betrokke.

Hy het ervaring in talle eenhede, maar vir nou is hy tevrede by die Flash-eenheid. Hy was ook voorheen ‘n lid by die stabiliseringseenheid, hy was die skofbevelvoerder by die Wierdabrug-stasie asook deel van die blitspatrollie.

“Ek was ook by die vuurwapenregistrasiesentrum van die Brooklyn-polisiestasie.”

Sy grootste uitdaging is om daagliks met die publiek te werk wat nie noodwendig die Vuurwapenwet verstaan of reg interpreteer nie. “Mense wat ongelukkig is oor uitsprake aangaande die wet en dan ongelukkig is met ons op stasievlak wat die wet moet toepas is ook uitdagend.”

LEES OOK: Polisie streng op goeie dienslewering

Die pos het ook sy talle hoogtepunte. “Om goeie diens te lewer en om die publiek dankbaar en gelukkig te sien as ‘n navraag opgelos word is ‘n hoogtepunt.” Hy moet ook soms met mense onder moeilike omstandighede werk soos met oorledenes se wapens en wapens wat betrokke was in familiedispute.”

Hy hanteer stres deur sy beste te probeer doen en om altyd ingelig te bly oor die wette en vereistes. Sy liefde vir kook, sweis, houtwerk en ook skutsport laat hom ontspan na ‘n lang dag.

“My passie is om met mense te werk en om ‘n verskil te maak.”

Van Wyk het in Vryheid in Noord-Natal grootgeword. Hy is getroud en het twee seuns.

“My droom is nog om eendag die ‘Camino’ in De Santiago te gaan stap.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Mari Rheeder

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Basic Education’s website hacked

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other