Groen soos die hemel daarbo

“Toe, soos vantevore, het ek myself oortuig dat seks alles oorwin, alhoewel ek rêrig nie kan sê wat alles behels nie.”

Simon is ’n wêreldreisiger, vertroud met die reëls van vryheid en ongebonde plesier.

In Bali verbind ’n selfoon-app twee vreemdelinge vir anonieme seks, terwyl die taal op hulle lippe identiteite eggo wat albei reeds agtergelaat het.

Kaapstad is vol versteekte ruimtes vir die uitleef van seksuele vryhede, maar in Nederland kom die skrywende Simon te staan teen homself.

In Tokio probeer twee ex-pats vrede maak met die land wat hulle van mekaar skei, en in Istanbul staan hy op die grens van die liefde.

Deurentyd keer herinneringe terug: kleintyd in die Oos-Kaap, sy pa, die plaas en voorligting aan die hand van ’n beesboerdery.

In sy sielkundige se spreekkamer, bind Simon die grepe van oomblikke en ervarings saam, met dr. Spiteri se insigte.

Details: R260, Tafelberg.

* Eben Venter word op ’n skaapplaas in die Oos-Kaap groot. Hy studeer filosofie en werk as kopieskrywer en joernalis. In 1986 emigeer hy na Australië, waar hy as sjef twee van sy eie restaurante bedryf. Sy veelbekroonde romans is al in Engels, Duits en Nederlands vertaal.

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Events around Pretoria this weekend