Die goudkewers: Die Mannheim-sage 2

Johannesburg dreig om ’n spookdorp te word.

Die opbrengs van die myne is deurspek met piriet, en die stad se mynmagnate moet al hoe dieper in die aardkors laat myn.

Spoedig verwerf hulle ’n nuwe bynaam: die goudkewers.

Ook op politieke gebied begin die onweerswolke saampak.

Deur die bemoeienis van Cecil John Rhodes word die fondamente gelê vir die gedoemde Jameson-inval, wat aanleiding gee tot die bloedige Vryheidsoorlog tussen Brittanje en die twee Boere-republieke.

Dit is teen dié agtergrond dat die meesleurende liefdesverhaal van Deborah Mannheim en Kit Malloy afspeel.

Ná sy betrokkenheid by Boer én Brit word Kit gedwing om kant te kies; terselfdertyd keer Karl Mannheim terug as soldaat, vasbeslote om die liefde van sy vervreemde vrou, Deborah, te herwin.

Maar Deborah is verskeur: kies sy Kit of eerder haar verpligtinge teenoor die skatryk Mannheim-familie, wie se myne skielik haar verantwoordelikheid geword het?

Gebaseer op die gewilde radio- en TV-reeks deur die bekende aktrise en skrywer Lerina Erasmus, is Die goudkewers: Die Mannheim-sage 2 beslis nie ’n boek om mis te loop nie.

Details: R320, Human & Rousseau Uitgewers.

* Lerina Erasmus is gebore in Namibië en studeer drama aan die Universiteit van Pretoria.

Sy is bekend as aktrise en is die skrywer van Die Mannheim-sage, wat in 1986 vir televisie verwerk is.

Lerina is getroud met Günter Schmikal en woon in Johannesburg.

Die leliemoordenaar is haar eerste boek serdert die verskyning van Die Mannheim-sage.

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
COMPETITION: Win tickets to two new movies