Menlo-pioniers vier 50-jaar reünie

Foto: Danielle Garrett.

Die Hoërskool Menlopark in die ooste van Pretoria hou hul 50-jaar reünie op Saterdag 16 September, met ’n heerlike skaapbraai in die skool se rugbyklubhuis.

Die graad 8-leerders van 1963, wat in 1967 matriek geskryf het, vier vanjaar se reünie as trotse oud-Parkies.

Hulle was immers die eerste leerders wat van standerd ses af reg deur tot in matriek in hierdie merkwaardige skool was.

LEES MEER: Korrektiewe Dienste se baanbrekers hou reunie

Die skool bied die reünie met ’n hele program van prettige aktiwiteite gedurende die naweek van 15 tot 17 September aan.

Op Vrydag 15 September skop die feestelikhede af met ’n spesiale saalopening wat deur oudleerders bygewoon gaan word.

Drie spesiale voorwerpe sal aan die skool oorhandig word.

Die eerste oorhandiging is ’n oorspronklike skets van die skoolwapen wat deur die bekende kunstenares Bettie Cilliers-Barnard gedoen is.

Die tweede is ’n oorspronklike replika van die skoolwapen soos wat dit gelyk het in 1963.

Die derde is ’n beskrywing van die geskiedenis van die skoolwapen op skrif wat geraam is.

LEES MEER: Akademikus stel nuwe roman bekend

Laaste, word daar ter afsluiting van die reünie ’n erediens by die NG-kerk Lynnwood gehou.

Verskeie leerders van die skool in daardie jare het hul belydenis van geloof by die kerk afgelê.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

  AUTHOR
Danielle Garrett

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Vandalism during Mams land grab