Leser vertel oor nagapies

Leser skryf:

Na aanleiding van Natuurbewonderaar se brief oor nagapies in die ooste van Pretoria (Pretoria Moot Rekord, September 8, 2017).

Ons het agtergekom dat hulle malvalekkers verkies, seker omdat dit soos boomgom lyk en proe.

Hulle is baie mak, maar ons hanteer hulle as wilde diertjies en vermy direkte kontak.

Hulle is nou al deel van ons gesin en ons sien uit na hulle kuiers met sononder, rondom middernag en voor sonsopkoms.

Hulle word deur ons veiligheidskamera dopgehou as ons slaap.

Ons is ook bewus van ’n familie wat in Wonderboom-Suid naby die berg woon.

Hulle het al selfs een oggend lank na sonsopkoms ’n paringsritueel in ons agterplaas uitgevoer en my toegelaat om pragtige fotos te neem.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Leser beïndruk met diens