Klippe langs die pad: Tremspore al om Kerkplein

Partykeer klop die verlede hard en aanhoudend aan jou deur. Dit was nou weer die geval met die tremspore wat al om Kerkplein ontdek is met die opgrawings om plek te maak vir die munisipaliteit se snelbusdiens.

Terwyl jong konstruksiewerkers opgewonde by die nuwe spore saamgedrom het en hul gewonder het hoe die vreemde begrip van trem eintlik gelyk of gewerk het, het oom Paul stroef na niks gestaar. ‘n Mens kan maar net wonder, as hy tot lewe sou kon kom, wat hy te sê sou hê oor die nuwe verwikkelinge na die 1994-bedeling; oor stakings wat soos ‘n veldbrand van rand na rand opvlam en ‘n land se ekonomie gevange hou. Sou sy eie beskeie huisie in Kerkstraat dalk met Zuma se Nkandla-kasteel vergelyk geword het? As ‘n stoere Dopper sou hy sekerlik meer as ‘n mondvol te sê gehad het oor huwelike tussen twee persone van dieselfde geslag.

So op die spoor van die verlede het die uwe onlangs ook weer ‘n besoek afgelê by die Vrouemonument in Bloemfontein. As daar so na die gebruiksgoedere, die mens-tegniese skeppinge, die vasgevangde lyding, en die geskiedenis van ‘n verslane volk agter die glaskaste kyk, is daar ‘n paar dinge wat jou opval, onder andere dat niks nuut is nie.

Destyds was daar al motors, beslis minder gerieflik as die meer moderne motors van vandag. Daar was reeds X-strale, die boere het ses X-straalmasjiene teenoor die Britte se 26 gehad. Daar was telegraafverbindings, vandag het ons satellietverbindings. Hulle het ook stoele en tafels, strykysters, naaimasjiene en selfs draaibanke gehad. En so kan ‘n mens aangaan.

Maar die een ding wat duidelik uitstaan, is dat daar ‘n ander tipe warm en besorgde en verantwoordelike medemenslikheid was. Miskien was dit omdat elke persoon die rol vervul het wat televisies vandag vervul, mense het nie bymekaar verby geleef nie. Die pas was stadig genoeg om na mekaar se welstand te kon uitvra en om te sien. Niemand was ‘n vreemdeling vir mekaar nie en in enige geselskap sou vreemde persone dadelik aan mekaar voorgestel geword het. Deesdae vind daardie gasvrye bekendstelling aan vreemde persone nie meer maklik plaas nie, en gebeur dit dat ‘n nuwe persoon vir ‘n ruk lank in die geselskap, of selfs die werkplek, ongesiens bly.

Uit die lydingsgeskiedenis is dit duidelik dat die wel en weë van daardie mense by almal bekend was. Deesdae is mense nie meer so op hoogte van mekaar se doen en late nie. Dit neem ‘n natuurramp of ‘n aantal dooies voordat ons as gemeenskap wakker skrik en uit vrye wil ‘n gemeenskapsaksie van stapel stuur om hulp en bystand te verleen. Die morele steun en bystand en diepe besef van reg en geregtigheid, was die basislyn van destydse alledaagse sosiale interaksie – iets wat klaarblyklik in ons moderne eeu verlore gegaan het. As bewys daarvan is die skraal kans dat iemand in ‘n straatblok al sy bure in die woongebied ken. Dikwels ken hy nie eers sy naaste bure nie en is hy tevrede om sy tyd alleen voor die televisie te spandeer.

  AUTHOR
Du P Martins
journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Unique story of year apart triplets