Die Stem steeds kontroversieel

Die Stem van Suid-Afrika was die afgelope twee weke weer in die nuus. Die vorige volkslied is onlangs deur Steve Hofmeyr gesing by die Inniebos-fees met duisende aanhangers wat saamgesing het.

Daar was die afgelope twee weke ook verskeie geluide van politieke partye en veral die EFF dat die Afrikaanse en Engelse gedeeltes van die lied wat steeds saam met Nkosi Sikelel’ iAfrika gesing word, nou weggelaat moet word.

Die lied het veral in die sestiger- en sewentigerjare baie emosie en ’n gevoel van patriotisme by sommige Afrikaners ontlok met die sing daarvan. Dit is selfs na elke vertoning in bioskope gesing nadat die gordyn gesak het.

Die lied het met die jare en die politieke ontwikkelinge vir sommige groeperinge uitsluitlik simbool van Afrikanermag en daarom as volkslied minder aanvaarbaar geword.

Ons wil nie met die skrywe hiervan enigsins by die huidige politieke debatte betrokke raak nie, daarvoor is daar te veel emosie betrokke aan beide kante van die spektrum. Met die hernude fokus daarop wil ons eerder weer na die gedig en lied van Langenhoven kyk. Ons doen dit aan die hand van JC Kannemeyer in sy biografie Langenhoven,’n lewe en DJ Opperman.

In 1918, die jaar waarin Langenhoven begin het om hom feitlik voltyds aan die uitlewing van sy skeppende talent te wy en wat die inset is tot die fenomenale literêre produksie van sy laaste 15 jaar, skryf Langenhoven ’n gedig wat uitsluitlik die verbeelding van sy mense sou aangryp en later, aanvanklik saam met God save the Queen tot volkslied verhef sou word.

Toe hy aan die einde van Mei 1918 op Oudtshoorn aankom na die sitting van die Kaaplandse Provinsiale Raad, het hy soos sy gewoonte was, by die tafel in die eetkamer gaan sit om te werk. Dié aand ontstaan toe die eerste drie strofes van Die Stem van Suid-Afrika, wat hy die volgende aand, by die klavier in die sitkamer, toonset.

Die eerste gedig het nog baie Hollandse woorde bevat, soos ‘blouw’, ‘merg’, ‘trouw’ en ‘bij’.

Op 2 Junie ontvang Sarah Goldblatt ‘n brief van Langenhoven. “Hierbij,” skryf hy, “stuur ik jou ’n gesangetjie wat ik geskrijf het met musiek wat ik daarbij gekomponeer het – harmonie en al. Jij sal dink dit beteken maar bliksems (sic) min – maar ons moet maar sukkel tot ons eendag ’n volkslied het. Laat hom maar so verskijn dan kan iemand daar beter musiek bijset, en als hij die het dan weer iemand anders daar beter woorde bijset.”

Hy vra haar verder om die gedig voor te lê aan Die Burger vir publikasie sonder dat sy naam daarby verskyn, net die letters KRN (vir KeRNeels).

Die lesers was nie geesdriftig oor die musiek nie, maar die gedig het dadelik inslag gevind. Een briefskrywer het daarop gewys dat die Afrikaners ’n godsdienstige volk is en gepleit om nog ’n strofe te skryf waarin daardie godsdiens tot uiting kom.

So is die vierde vers geskryf wat begin met “Op U almag vas vertrouend…”

Langenhoven het self vier mense gevra om die toonsetting te doen. Uiteindelik is daar besluit op die weergawe van ds. ML de Villiers, wat tot vandag gesing word.

Dit was die eerste keer in die openbaar gesing met die amptelike hysing van die landsvlag op 31 Mei 1928, maar dit was eers op 2 Mei 1957 dat die regering Die Stem as amptelike volkslied aanvaar het. As The Call of South Africa is dit mettertyd ook in Engels gesing.

As enkele gedig was dit Langenhoven se mees geslaagde werk.

In die jare wat sou kom, sou Langenhoven verder werk aan sy roeping om Afrikaans as amptelike taal saam met Engels, erken te kry.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other