update


VIDEO: Affies-seun tuis

Schalk Viljoen en sy ma Karen. Foto: Kristian Meijer.

‘n Leerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool is uit die hospitaal ontslaan nadat hy sowat drie weke gelede deur ‘n bus raakgery is.

Schalk Viljoen (17) vertel die sig in sy een oog het nog nie heeltemal herstel nie, maar gee die versekering dat hy geen permanent letsels
opgedoen het nie.

“Ek voel baie goed,” sê hy met ’n breë glimlag.

Hy loop ook gemaklik rond in sy ouerhuis by die Roodeplaat-dam.

Schalk het byna sy lewe verloor toe hy op 22 Januarie voor sy skool deur ’n A Re Yeng bus raakgery is toe hy die pad probeer oorsteek het.

Sy pa, wat hom pas by die skool afgelaai het, het gesien iemand word raakgery maar nie onmiddellik besef dis sy eie seun nie.

Viljoen is na Meulmed-hospitaal gehaas, waar hy in ’n geïnduseerde koma gesit is.

Hy het verskeie beserings opgedoen en daar was erge bloeding en druk op sy brein. Sy toestand het elke dag, onder die fyn sorg van sy dokters, ’n bietjie verbeter.

Die herstelproses was nie maklik nie, en Schalk het baie aande gesukkel om te slaap met die suurstofpype in sy neus en keel. Daar is toe later besluit om ’n trageotomie te doen sodat die pype verwyder kan word.

Schalk sê hy kan nie die ongeluk onthou of selfs wanneer hy wakker geword het nie.

Net voor hy ontslaan is, het Afrikaanse sanger en filmster Bouwer Bosch en rugbylegende Fourie du Preez hom in die hospitaal besoek.

Bosch het op sy Facebook-blad geskryf: “Wat ‘n voorreg om hom te kon ontmoet. Google sy storie. Dit is meer epies as ‘n Game of Thrones episode! ‪#‎ChicksDigScars”

Bosch het vir Schalk een van sy bekende ‘Liefde Wen’ T-hemde gegee en hy het ‘n ’n Sprinbok-oefenbroek by Du Preez gekry.

Op die broek het Du Preez geskryf: “Aan Schalk: ’n Regte vegter!!”

Fourie du Preez, Schalk Viljoen, en Bouwer Bosch. Foto: Bouwer Bosch/Facebook.

Fourie du Preez, Schalk Viljoen, en Bouwer Bosch. Foto: Bouwer Bosch/Facebook.

Schalk sê hul besoek was ’n hoogtepunt vir hom.

Sy herstelpad is nog lank en hy kan eers volgende kwartaal terug skool toe, maar hy gaan hy solank van die huis af leer.

Sy voorneme is om die lewe vir eers kalm te vat.

“Intussen gaan ek en my pa so bietjie vis vang,” sê hy laggend.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptacenturion ptanorth pta_mootgetitAutodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Diep hartseer heers tydens oud-Affie begrafnis

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other