Hoërskool Garsfontein open hul nuwe hokkiebaan

Mnr. Leon Bantjes (links van gedenkplaat) en prof. DP van der Nest (regs van gedenkplaat) open die Hoërskool Garsfontein se nuwe hokkie-fasiliteit amptelik, terwyl gaste en ander betrokkenes toekyk. Foto: Koos Venter

Skaars ses maande nadat Hoërskool Garsfontein aangekondig het dat hulle ’n nuwe hokkie-fasiliteit by die skool gaan oprig, wat ’n baan met ’n kunsmatige astro-oppervlak insluit, is dié fasiliteit die afgelope Saterdag feestelik ingewy.

Verskeie feeswedstryde is eers op die nuwe astro-baan gespeel voordat die nuwe fasiliteit amptelik geopen is. Daar was onder andere ’n wedstryd tussen oud-Garsie dames en die huidige eerstespan oefengroep. Die hoogtepunt op die baan was die wedstryd tussen die Astro-span (bestaande uit verskeie bekende persoonlikhede en oud sportsterre) en die ‘Nomiese’-span, (bestaande uit sogenaamde ‘elite’ spelers en afrigters van die skool). Dié wedstryd het vir groot pret gesorg, terwyl die TV-persoonlikheid, Arnold Geerdts, deurentyd kommentaar gelewer het oor die aksie. Geerdts was ook die seremoniemeester van die dag se verrigtinge.

Prof. DP van der Nest, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het die fasiliteit saam met die skoolhoof, Leon Bantjes, amptelik geopen.

Bantjes het aan die gaste gesê die skool se ouers moet al die eer kry vir wat die afgelope tyd daar gebeur het én spesifiek vir ’n projek soos dié astro-fasaliteit.

“Een van ons groot drome het waar geword en hier staan ons vandag daarop,” het Bantjes gesê.

“Die oprigting van hierdie fasiiteit het weer bewys dat dinge by ’n skool gebeur as ouers betrokke is en help om projekte te dryf”, het hy bygevoeg.

Prof. Van der Nest het aan die gaste vertel dat ’n paar ouers van Hoërskool Garsfontein enkele jare gelede bymekaar gekom het en besluit het om betrokke te raak om “van ’n goeie skool ’n ongelooflike skool te maak.”

Hy het gesê dat baie projekte intussen aangepak is en dat Garsfontein vandag kan saamgesels met van die beste skole in Suid-Afrika.

“Waarheen nou?” was die vraag van die aangedane Jeanie Pienaar, direkteur van dogtershokkie by Garsfontein, toe sy gevra is om ’n paar woorde te sê. Sy het haar eie vraag beantwoord deur te sê dat hul aanvanklike vyfjaarplan nou voltooi is. Volgens haar het Garsfontein nou die beste hokkiefasiliteit, die beste afrigters en die beste spelers.

“Nou is daar geen verskonings meer nie. Ons word reeds uitgenooi na die top toernooie in die land. Ons dogters kan vanjaar ook by die KES-toernooi gaan speel. Daarom is ons nou in die volgende fase van ons plan. Ons juniors se afrigting sal prosesgedrewe wees, maar vir ons seniors is daar nie meer ’n verskoning nie. Daar sal ’n prestasie komponent móét wees in hul vordering,” het Pienaar opgewonde gesê.

 

 

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Only one change to Springbok team for second test against France

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other