Polisie streng op goeie dienslewering

Corlia Kruger

Die bevelvoerder van Sinoville-polisiekantoor, Kolonel Ramakamakama Johannes Kekana, verseker inwoners dat lede van die polisie onder sy bevel sal voortgaan om goeie diens te lewer.

“Die bevelvoerder en sy bestuur neem kennis van onbevredigende dienslewering deur sommige lede van Sinoville-polisie,” sê polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Johan van Dyk.

“Hy bevestig dat professionele dienslewering aan inwoners nie onderhandelbaar is nie. Kolonel Kekana sê altyd ‘ons inwoners se veiligheid en klagtes is ons prioriteit, en ons sal nie ons gemeenskap faal nie’.”

Kekana kan in kantoorure bereik word by 012-543-8800. Inwoners kan hom ook persoonlik kom spreek.

“Hy het ’n oop-deur-beleid wanneer dit kom by ons mense in die Sinoville-omgewing,” sê Van Dyk.

“In sy afwesigheid weens ander verpligtinge, kan sy senior bestuurspan ook gekontak word,”

Sinoville-polisie se diensoffisier op bystand kan bereik word by 082-491-1351.”

Van Dyk vra dat enige klagtes, direk met Sinoville-polisie se bestuur opgeneem word vir onmiddellike hantering.

“Klagtes op sosiale netwerke kan nie die probleem oplos nie,” sê hy.

“Ons kan slegs van hulp wees as ons eerstehands kennis dra en ’n werkbare oplossing vind vir die aangeleentheid. Saam kan en sal ons ’n goeie verhouding met ons gemeenskap bou en hande vat om ons omgewing veilig te maak.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Corlia Kruger

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Possible taxi strike – Tshwane metro warns

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other