Twee atlete vaar goed

Renate Van Tonder

Twee Menlo-atlete, Renate van Tonder in graad 12 en Marlie Viljoen in graad 10 is in die span van 30 atlete wat deur die SA sport konfederasie en Olimpiese Komitee aangewys is vir die Streek 5 o.20-spele in Luanda in Desember ingesluit.

Renate neem deel aan verspring en Marlie is gekies om aan die 400m deel te neem. Hierdie atlete werk buitengewoon hard om hul drome te verwesenlik.

Renate het reeds Suid-Afrika by die Wereldjeugspele en in die Jeug Statebondspele verteenwoordig. Sy is die huidige Statebond-kampioen in verspring. Marlie is die o.17 SA kampioen in die 400m.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Techtell