Skooltassies vir Laerskool Witpoort

Van links is: Alisha de Lange (Helpende Hand streeksorganiseerder: Mpumalanga), Meyer le Roux, Issie Rossouw, Michael Combrink (skoolhoof), Hugo Vermeulen (hoof van Solidariteit: skoleondersteuningsentrum) en Margole Riekert.

Solidariteit Helpende Hand het onlangs 21 skooltassies aan Laerskool Witpoort oorhandig as deel van hulle Skooltassie-projek.

Die Graad 1-leerders is met ’n poppekasvertoning en springkasteel bederf.

Meyer le Roux, wat ’n driekamp van 500km oor vyf dae gedoen het vir Solidariteit se Skooltassie-projek, het ook gedeel in die vreugde van die dag.

Elke tassie se inhoud is R850 werd en word aan Graad 1-leerders gegee wat dit nie kan bekostig nie.

Die dames van die Helpende Hand Cappuchino’s tak, wat gemeenskapswerk in die Witpoort omgewing doen, het die poppekas aangebied.

Die boodskap dat elkeen waardevol is, ten spyte van omstandighede, is aan die leerders oorgedra.

Die kinders het ook lekkergoedpakkies ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

 

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Witpoort wen Skool met die beste gees kompetiesie