Wen kaartjies na ‘Jagveld’

Die nuwe Afrikaanse aksie-film Jagveld is hier – uit die pen van die bekroonde meester van die riller-genre, Deon Meyer.

Dit tref fliekteaters regoor Suid Afrika op 17 Maart.

Jagveld spog met gewilde plaaslike akteurs in die rolverdeling soos Leandie Du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron en Tertius Meintjies.

Om hierdie opwindende nuwe uitreiking te vier, het die vervaardigers besluit om Jagveld op ’n landwye toer te neem – ’n maand voordat dit amptelik in fliekteaters te sien sal wees.

Fliekgangers regoor Suid-Afrika kry dus ’n beurt om Jagveld eerste te sien.

Van die spesiale voorvertonings sal in unieke buitelug-geriewe gebeur en in ongewone plekke waar flieks nie gewoonlik gesien word nie.

Aanhangers en ander fliekflooie kan ook van die akteurs by die voorvertonings ontmoet.

Jagveld pols met die energie van ’n jaagtog en verplaas die aksie na nuwe hoogtes.

Dit word bestempel as ’n sterk nuwe toevoeging tot die Suid-Afrikaanse filmbedryf.

Die rolprent lewer spanningsvolle elemente van die genre met die ondersteuning van atmosferiese kamerawerk.

Die draaiboek is van internasionale formaat met meesleurende musiek- en klank-effekte, die doodstil Karoo-landskap en uitstekende toneelspel deur ’n uitmuntende groep akteurs.

Die soms skrikwekkende rolle wat vertolk word, is ’n gewisse verskuiwing van karakter vir meeste van die akteurs – wat deur uitmergelende voorbereidings moes gaan om hierdie opwindende fliek te vervaardig.

Jagveld het Engelse onderskrifte.

KOMPETISIE:

Rekord het ’n dubbelkaartjie vir Jagveld op 9 Maart by Scene VIP – Nu Metro Parkview. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die onderste vorm is en gebruik die woord ‘JAGVELD’ in die sleutelwoord blokkie.

Competition form

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
COMPETITION: Afrikaans all-girl rock band Saarkie to launch new album