WEN: Kaleidoskoop se jongste album uiteindelik hier!

Die sang-duo 'Kaleidoskoop'.

Aanhangers is reeds vir tien jaar gaande oor die talentvolle akoestiese sang-duo Kaleidoskoop.

Dié groep kan tientalle toekennings agter hulle naam skryf.

Hulle spog reeds met drie albums en ’n DVD en nou sien hulle splinternuwe album, Gunsteling Seisoen, ook uiteindelik die lig.

Dit is bykans vier jaar na die oorspronklike album se vrystelling.

Gunsteling Seisoen word op 24, 25 en 26 Maart 2017 by die Atterbury Teater in Pretoria bekendgestel en kaartjies kan by Computicket bespreek word.

Die groep sê: “Ons hoop en glo, met elf nuwe oorspronklike liedjies uit ons albei se penne asook twee Engelse verwerkings van bestaande liedjies, dat dit die lang wag werd gaan wees!”

Die eerste enkelsnit van die nuwe album getiteld, Wegbreek, is reeds in November 2016 aan radiostasies uitgereik en die video word eersdaags bekend gestel.

Opgewonde om die nuwe album te hoor?

Skryf nou in en wen ’n dubbelkaartjie na die album bekendstelling op 26 Maart by die Atterbury Teater.

WEN: Om in te skryf, vul die vorm hieronder in en gebruik die sleutelwoord, Kaleidoskoop.

Competition form

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
UPDATE: Pretoria reservoir repairs hit snags