Mandjiedans maak insameling ‘n reuse sukses

Die gaste het pragtig gelyk en bygedra tot ‘n heerlike atmosfeer met hul country uitrustings.

Van braai, dans, partytjie hou en goeie samesyn kan niemand die mense van Witpoort veel vertel nie.

Dit is weer bewys met Kaalvoet Kleuters se mandjiedans, wat vir die eerste keer by Laerskool Witpoort gehou is.

Mense het in hul hordes opgedaag, almal geklee met hul stewels en hoede om ’n heerlike country atmosfeer te skep.

Die bale en tafels wat in die vierkant uitgepak is, tesame met die mooi weer, het gesorg dat daar heerlik gebraai en piekniek gehou is.

Country-musiek het ook gou die gaste se voete laat jeuk en daar is gedans, gelag en gekuier tot laat.

Springkastele, glowsticks en natuurlik ook die musiek en dansvloer het groot pret aan die jongspan verskaf.

Die skool bedank die ondersteunende ouers van Witpoort vir hul bydrae tot dié suksesvolle aand ter stywing van die kleuterskool se fondse.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Dieting – the most stressful thing to do to yourself

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man goes missing in Garsfontein