SA sanger se broer sterk aan na gru-ongeluk

Dewald en Judith trou in Maart.

Die broer en bestuurder van Arno Jordaan, Dewald Jordaan, sterk goed aan na hy verlede jaar Oktober ernstig in ’n motorongeluk beseer is,en dit als te danke aan harde werk en ’n nuwe liefde.

“Ek moet baie strekoefeninge doen want my gewrig en enkel voel baie styf en ek kan ook glad nie swaar goed optel nie want ’n breuk kan ontwikkel,” vertel Jordaan.

Jordaan erken dat sy pad na herstel nog lank nie verby is nie en hy sê dat hy veral na die wintermaande opsien, wat die pyn vererger. Sy dokter was aanvanklik bekommerd aangesien een van Jordaan se beserings so erg was dat hy sy been kon verloor, maar Jordaan se herstel het alle verwagtinge oortref. Jordaan erken dat hy baie dankbaar is vir die ondersteuning van sy ouers deur dié moeilike tyd, en waardeer veral die liefde en aandag van sy verloofde, Judith van Wyk. “Judith het haarself deur en deur bewys en staan my nog steeds al die pad by,” vertel die verliefde Jordaan.

Die paartjie het mekaar by Lizanie Pohl (Arno Jordaan se vrou) se ooievaarstee verlede November ontmoet en trou later vanjaar.

  AUTHOR
Elaine Strauss

Latest News

COMMENTS

Top
Subscribe to notifications

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: