Pta vrou gekies as semi-finalis

Monique Harmse. Foto: Verskaf

Monique Harmse (29) van Pretoria is gekies as ’n top 100 semi-finalis in die Mevrou Suid-Afrika kompetisie.

Harmse is ’n bemarkingsbestuurder, sy is getroud vir vyf jaar en is ook ’n ma van ’n tweejarige dogtertjie.

Sy sê sy het ingeskryf vir die kompetisie omdat Mevrou SA gewone vroue en mammas met alledaagse beroepe en probleme verteenwoordig.

“Dit is soveel meer as ’n skoonheidskompetisie. Dit bied jou ’n platform om op groot skaal ’n positiewe verskil in mense se lewens te maak,” sê Harmse.

“Ek het ’n sagte plek vir weerlose mense, veral kinders en glo vas as jy ’n positiewe impak op kinders maak, kan jy ’n land verander.”

Vir haar is die kompetisie ’n reis.

“Dit is vir my ’n ongelooflike groot voorreg om deel te wees van so ongelooflike groep vrouens.”

Mevrou SA verteenwoordig alledaagse vroue met regte gesinne, beroepe en probleme.

Almal moet dus aanklank kan vind by haar, sê Harmse.

“Sy moet trots wees op haar land en ’n inspiraie wees vir alle vroue. Sy moet iemand wees wat glo in ons land, te midde van uitdagings.”

Harmse glo dat vrouens en ma’s die hartklop van die samelewing is en gemeenskappe bymekaar hou.

“Ek wil vroue help en inspireer om hierdie rol te vervul en op ’n praktiese en emosionele vlak vroue bemagtig.”

Die grondslag wat ouers in hulle kinders bou is vir haar baie belangrik.

“Deur ouerleiding is dit prakties moontlik om ’n merkwaardige verskil te maak,” sê sy.

“Ek bid dat wanneer ek praat, dit met wysheid is en as ek leiding gee, is dit met liefde.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Mari Rheeder
Online Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
VIDEO: Jong Pretorianers sterf in vliegongeluk