Ruben J v Rensburg presteer in gholf

Ruben J.v. Rensburg spog met sy medalje.

Ruben Janse van Rensburg is uitgenooi om aan die Junior European Golf Championship in Skotland aan die einde van Mei in die o.13-divisie deel te neem.

Meer as 700 kinders in verskillende ouderdomsgroepe sal regoor die wêreld deelneem.

Sy gholf het baie ontwikkel nadat hy laas jaar in Oktober reeds vir die SA o.13-kampioenskap gekwalifiseer en deelgeneem het.

Hy was toe net 11-jaar-oud en was slegs een van twee spelers wat in 2016 vir die SA o.11 en o.13 gekwalifiseer het.

Sedertdien het hy goed presteer by die Gauteng-Noord Junior toernooie en reeds ’n goud en silvermedalje verower in sy laaste vier toernooie waar hy nooit swakker as vyfde plek behaal het nie.

By Silver Lakes Gholfklub het hy die o.13-klubkampioenskap met vyf houe gewen en is ook die eerste junior wenner van die klub se “Par 3 Challenge” sowat twee weke gelede.

Daar het hy slegs twee houe swakker as die senior wenner klaargemaak, gelyk aan baansyfer oor ses putjies.

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Leandry presteer in redenaars