Juniorkoor wen ATKV Aplous

Die Anton van Wouw-juniorkoor het hul stemme vanjaar hoorbaar gemaak deur vandeesmaand in twee groot kompetisies vir juniorkore in die streek skoonskip te maak.

Hulle het op Saterdag, 20 Mei in die ATKV Applous-kompetisie by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria as algehele wenners en met ‘n goue toekenning in die junior afdeling uitgestap. Die junior Wouwtjiekoor, soos hulle bekend staan, is onder die leiding van twee staatmakers in die musiekwêreld dr. Riekie van Aswegen as dirigent en Betsie Schaap as begeleier.

Die Applous-koorkompetisie van die ATKV is vanjaar reeds 40 jaar oud. Die Wouwtjie-juniorkoor het vanjaar vir die eerste keer vir hierdie kompetisie ingeskryf. Later vanjaar word die name en persentasies van die land se top 10 junior kore deur die ATKV gepubliseer – hou saam met ons duimvas.

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Witpoort wen Mental Maths