Diep hartseer heers tydens oud-Affie begrafnis

Danielle van As (22).

Roubeklaers het die Ooskerk volgepak Maandagoggend vir die begrafnis van Danielle van As (22).

Haar ouers Amelia en Justin, haar jonger boetie Jamie en Danielle se kêrel Francois Herman het mekaar voor in die kerk omhels.

LEES OOK: NUUSFLITS: Onderwyseres van Laerskool Wierdapark sterf

Ds. Marina Strydom het die diens behartig.

“God is die een wat by Danielle was tydens haar ongeluk. God is die een wat se hart gebreek het toe sy gesterf het.”

“God is die een hier by julle vandag.”

Danielle se ouers het haar kêrel “Franna” bedank dat hy so lief was vir “Nella”.

’n Familievriend het namens hom ’n brief aan sy meisie gelees.

“Ek het van die eerste oomblik wat ek jou gesien het geweet ek gaan die res van my lewe saam jou spandeer.”

LEES OOK: Twee begrafnisse die week vir motorfietsryers

“Jy het die mooi in my uitgebring. Jy het so sagte hart gehad, maar ook die hart van ’n leeu. My hart is nie gebreek nie, want jy het my hele hart by jou.”

Danielle se ouers is met tye met emosie oorkom terwyl foto’s van hulle dogter in die kerk gewys is.

Danielle was ’n leerder aan Afrikaans Hoër Meisieskool en het ten tyde van haar dood deur die Akademie Reformatoriese Opleiding en Studieskool (AROS) gestudeer om ’n onderwyser te word.

Sy het volgens ’n familievriend verlede Dinsdagoggend op die N14 tussen die Eeufees afrit en Jean Laan verongeluk.

Danielle het beheer oor haar motor verloor en oor die grasmiddelman gejaag en in ’n motor in die aankomende verkeer gebots.

Sy was op pad na Laerskool Wierdapark waar sy ’n studente-onderwyseres in die graad 2-klas was.

Vriende en familie het na die diens boodskappe aan wit balonne in die lug in gestuur om een laaste keer hulle “Nella” te groet.

LEES OOK: Hoërskool Garsfontein gedenk matriekleerling

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Mari Rheeder
Online Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
WATCH: KFC Montana attack caught on video