Meyerspark hou gesamentlike patrollie

30 voertuie het aan die patrollie deelgeneem. Foto: Verskaf.

AfriForum se Meyerspark-buurtwag het onlangs in samewerking met die Silverton-polisiestasie, Brinant Security Services en lede van die Silverton Uitbreiding 5 veiligheidsgroep ’n suksesvolle massapatrollie gedoen.

Altesaam 46 mense en 30 voertuie het aan die massapatrollie deelgeneem. Die AfriForum-buurtwag het die radio’s en kommunikasienetwerk voorsien.

LEES OOK: Afriforum doen dit self

“AfriForum is dankbaar vir elke persoon wat sy tyd opoffer om ’n verskil te maak. Saam kan ons misdaad beveg,” sê André Badenhorst, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.

“Dit is belangrik dat ’n gemeenskap saamwerk eerder as wat ’n klomp instansies bestaan wat afsonderlik probeer om misdaad te bekamp,” sê Lambert de Klerk, streekskoördineer vir AfriForum in Gauteng.

De Klerk voeg by dat dié patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was.

“Ons sal voortdurend nuwe projekte in samewerking met die polisie aanpak om misdaad hok te slaan,” sluit De Klerk af.

LEES OOK: AfriForum maak nog slaggate reg

AfriForum doen ’n beroep op die inwoners van die Tshwane-metro om by plaaslike takke betrokke te raak en aan die aktiwiteite van die buurtwagte deel te neem.

Al die belanghebbendes in die patrollie. Foto: Verskaf.

 

30 voertuie het aan die patrollie deelgeneem. Foto: Verskaf.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Mari Rheeder
Online Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
A Re Yeng increases bus fleet in east