Witties wen Krieketliga

Agter v.l.n.r Gerhard van Wyk, Etahn de Kock, Hendrik Smith, Charl van Heyningen, Stefan Hartslief, Andre’ Meyer, Rhudi Rossouw (Afrigter) Middel v.l.n.r Dillin Prinsloo, Jean Pierre Franken, Wian Dirker Heel voor v.l.n.r Macklin Proudfoot, Ricardo Richards

Die vreugdevure brand hoog by Laerskool Witpoort. Baie geluk aan Mnr. Rhudi Rossouw en die seuns met hulle merkwaardige prestasie om as wenners van die Pretoria Kleinskole Finale Krieket liga uit die stryd te tree op 2 November 2017. Dit was ‘n naelbytstryd waar hulle met 6 lopies teen Mamelodi wen.

Die eindstryd het by Laerskool Stephanus Roos op neutrale grond plaasgevind. Die Kwart finaal was op 17 Oktober teen Akasia waar hulle met 68 lopies gewen het. Die semi-finaal het op 23 Oktober teen Maragon plaasgevind.

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Garsies wen bergfiets liga