Witpoort wen Skool met die beste gees kompetiesie

Agter van links Ignatius Cronje’, Christa van Zyl, Tania Pretoruis, Elize Nagel, Johan Botha, Pieter de Jager Middel Natasha Pretoruis, Leisha Pretoruis, Corlia Eksteen, Lizana Combrink, Mariet Breytenbach, Carla Grobelaar, Nadine Thomas, Anita Botha Voor Leandri Wagner, Elzette Myburg, Ingrid Nel, Anica van Rooyen, Issie Rossouw

Vrydag die 13e Oktober was allesbehalwe ‘n ongelukkige dag by Laerskool Witpoort.  Ons is GROOT FM se Laerskool met die beste gees vir 2017.  Die oggend het met ‘n gedissiplineerde ontruiming afgeskop toe die noodklokkie lui. Skielik jaag ‘n lang tou karre oor die rugbyveld. ‘n Ambulans met loeiende sirenes vooraan – en kyk ons reg? Sowaar. Die GROOT FM bussie en hul borge volg. Die ouers en onderwysers kan nie trotser wees nie. In die borskas van elke Witpoorter klop die hart van ‘n leeu. Baie geluk aan elke leerder en onderwyser vir jul ongelooflike gees. Baie dankie aan ons hoofborge; GROOT FM en Beeld Skolenuus vir jul motivering om hierdie kaalvoetkinders eendag gesoute voetspore in die samelewing te laat trap.

 

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Bonthuis Kleuterskool se kleuterkunskompetisie