Laerskool Menlopark wen goud in judo

Kean Erasmus en JW Erasmus

Twee boeties van Laerskool Menlopark het onlangs by die SA Skole Novice Kampioenskappe op 7 Oktober 2017 albei goud gewen in judo.

Kean Erasmus (LW net vyf jaar oud) het o.6 deelgeneem. Sy kategorie was -19kg. Hy het skoonskip gemaak en al sy gevegte gewen.

Hy was ook vir die Gauteng Noord span gekies om hulle te verteenwoordig by die SA skole kampioenskappe. Hy het die Woensdag voor die kampieonskappe ook na sy geel belt gegradeer. Sy afrigter Patrick Trezise is nie baie vrygewend op die belde op ‘n te vroee ouderdom nie, maar hy staan bank vas agter Kean want die mannetjie het werklikwaar ‘n groot hart en werk baie hard aan sy judo.

JW Erasmus het o.8 deelgeneem. Sy kategorie was -42kg.

Hy het gewen op punte deur middel van ‘n ippon wat vir hom die voortou gegee het van 100 punte in sy eerste geveg.

Hy het ook die Woensdag voor die kampieonskappe, na sy orange belt gegradeer. Hy was ook gekies vir die Gauteng Noord span en het hulle verteenwoordig by die kampieonskap.

Hy werk net so hard soos sy klein boet aan sy judo. Dit was ‘n baie stresvolle dag ná maande se voorbereiding, maar heeltemal die moeite werd.

Albei die mannetjies het ‘n baie groot lewens les geleer want die goue medaljes is nie net goud nie, maar aanmekaar gesit van hardewerk, uithouvermoe en baie guts. JW gaan skool by Laerskool Menlopark graad 2 en Kean gaan skool by Parkielank graad 0.

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Menlopark het talent