NUUSFLITS: Hond verbrand in die noorde

Die verbrande karkas van ’n hond is onlangs noord van Pretoria ontdek.

Wollies-diereprojek, ’n organisasie wat omsien na verlate en mishandelde diere, het Dinsdag grusame beelde met Rekord gedeel na die verkoolde karkas langs Willem Cruywagenlaan gevind is.

“Dit wil voorkom of die hond Sondag verbrand is,” sê woordvoerder Cilla Trexler.

Leë drankbottels is by die karkas gevind sowel as ’n houer met vloeistof wat vermoedelik gebruik is om die hond aan die brand te steek.

Lees ook: Honde gered na dae toegesluit op leë Montana-erf

“Dit is skokkend en siek dat mense só wreed kan wees,” sê Trexler.

“Ons vra dat mense na vore kom en die mense uitwys wat dié grusame misdaad gepleeg het.”

Die plaaslike dierebeskermingsvereniging is ook na die toneel ontbied en stel ondersoek in.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Vliegtuigongeluk moontlik nie weens enjinprobleme