Poësie, kunste en erfenisvieringe straal in Pretoria

Suid-Afrikaanse kunste, poësie en musiek word maandeliks in Centurion gevier met talle wat opdaag om nie net ‘n kulturele ondervinding te hê nie, maar om ook by te dra tot ‘n groter doel.

In die Begin was die Woord Poësie en Musiekgroep is ‘n platform in Centurion waar alle kunstenaars, van skrywers, sangers, musikante en skilders hulself kan uitleef en saam kan kuier.

“‘n Gedeelte van ons ingangsfooie gaan elke maand aan ‘n fondsinsamelingsprojek van ons keuse. Omdat dit finansieël moeilik geword het om sélf die nodige ondersteuning aan NWO’s te bied, help ons dan ook op hierdie manier ander instansies in die Centurion en Pretoria omgewing,” verduidelik Alida Marais, stigter van In die Begin was die Woord.

Die fondsinsamelingsprojekte wat ondersteun word deur In die Begin was die Woord, sluit in:

  1. Sandpaper Kisses Fundraising SA, a cat rescue fundraiser in Centurion.
  2. Ditshego House of laughter
  3. The Down Syndrome Association
  4. Ki-Deo Kinderhuis
  5. Bethany Pregnancy crisis centre
  6. Botshabelo
  7. Bambelela wildlife and vervet monkey rehabilitation centre
  8. Die Amri Louw Foundation

Die volgende funksie waarna kultuurliefhebbers kan uitsien is Die Erfenisstigting wat by die Voortrekker Monument op 13 April 2018 sal plaasvind.

“Ons kuier saam in die boekwinkel en sien uit om alle digters, taal- en kunsliefhebbers daar te ontvang. Jy kan verwag om eg-Afrikaanse musiek en poësie by hierdie geleentheid te hoor en te stap deur ‘n sentimentele uitstalling van ons geskiedenis,” verduidelik Marais.

Marais en Lielies Lingenfelder, beter bekend aan hul gehoor as “Elle”, behartig die musiek vir die aand en vereer groot Afrikaanse geeste in die musiekbedryf soos Koop Doep, Karen Zoid, Laurika Rauch, Jan Blohm asook Ingrid Jonker, met getoonsette gedigte.

Kaartjies beloop R150, 00 per persoon en sluit die verversings in. (Alle inkomste gaan aan Die Erfenisstigting.)

Om kaartjies aanlyn te koop, kliek hier.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Car jammers caught in the east of Pta

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: