Blou Bulle se meisies deur Springbok-legende vereer

Die kapteins van die Blou Bulle se meisies skolespanne saam met die twee eregaste op hul onlangse inhuldigings funksie. Van links in oud Springbok en Bulls kaptein, Victor Matfield, Cornelia Walker (Blou Bulle o.18 kaptein), Marizaan du Toit (Blou Bulle o.16 kaptein) en die voormalige Bloubul senior vrouespeler, Lezaan Jacobs. Foto: Koos Venter

Vrouerugby groei deesdae nie net op senior vlak nie. Ook op skolevlak word die spel aktief bevorder en SA Rugby se nasionale weke vir o.16- en o.18-spanne het vanjaar bewys dat die kwaliteit van spel in dié geledere drasties verbeter.

Vanjaar het die Blou Bulle se o.16- en o.18-meisies gemengde sukses behaal by SA Rugby se  nasionale toernooie, wat albei by die Jeppe High School in Johannesburg aangebied is. Die o.16-span van die Blou Bulle het slegs teen die sterk span van WP verloor in ‘n taai stryd wat tot in die laaste sekondes in die weegskaal was.

Hoewel die unie se o.18-meisies minder sukses behaal het, het hulle ook goeie rugby gespeel en verskeie spelers het hul merk gemaak in dié toernooi.

Aangesien die twee spanne weens logistieke redes nie voor die nasionale weke deel was van ‘n formele funksie waar hul amptelik as provinsiale spelers ingewy is nie, is daar besluit om na afloop van die toernooie ‘n funksie vir die spelers te reël.

Om dié funksie nog meer spesiaal te maak is die voormalige Springbok- en Bulls-kaptein, Victor Matfield, genooi om die meisies se kleure amptelik aan hulle te oorhandig.

Die funksie is in die skoolsaal van die Alma skool in Elofsdal aangebied.

‘n Voormalige ster van die Blou Bulle se senior vrouespan, Lizaan Jacobs, was die gasspreker. Sy het die spelers geïnspireer met haar lewensverhaal en haar stryd teen die lewensbedreigende siekte, Ulcerative Colitis, wat gedreig het om haar rugbyloopbaan kort te knip. Jacobs het vertel hoe dié siekte byna haar lewe geëis het, maar ook hoe sy deur ‘n moeilike herstelproses teruggeveg het en teen alle verwagting in weer rugby kon speel.

Sy is deesdae as afrigter by vrouerugby betrokke en het ook die Blou Bulle-meisies vanjaar bygestaan.

Matfield het die spelers aangemoedig om hard te werk en aan hulle verduidelik dat rugby vir hulle baie deure kan oopmaak in die lewe en geleenthede kan skep wat andersins nie moontlik sou wees nie.

Hy het ook klem gelê op die groot rol wat ouers speel en wat hul positiewe bydrae in jong spelers se loopbane kan beteken.

Womens Rugby Capping Ceremony

Womens rugby capping ceremony of the u16 & u18 nationals.Here’s wishing all the young ladies that were selected all of the best #BullsFamily

Posted by Blue Bulls on Thursday, 23 August 2018

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Tuks judokas win fourth consecutive USSA-title

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: