Laerskool Anton van Wouw wen formele afdeling van Sing in Harmonie

Foto: Verskaf

Laerskool Anton van Wouw in Pretoria se senior koor is die afgelope naweek as die wenners van die immer gewilde Sing in Harmonie se formele afdeling in Gauteng gekroon.

Vaughan van Zyl, koordirigent, sê hy is baie trots en tevrede op dié koor se prestasie.

Hy sê die standaard van die kore tydens vanjaar se Sing in Harmonie het veral vir hom uitgestaan. Dit is die derde jaar dat Laerskool Anton van Wouw aan dié koorkompetisie deelneem. Dié koor het verlede jaar ook die informele afdeling gewen.

“Dit was só lekker om ook die ander kore se sang te kon beleef,” sê hy.

Sing in Harmonie is Anthonie Bougas van Supersterre-faam se breinkind.

Dit is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan televisieblootstelling, pryspakette en aantal inskrywings.

Bougas is die aanbieder, skrywer en vervaardiger van dié gesogte jaarlikse kompetisie, waar honderde kore van laerskole en hoërskole oor die land heen, teen mekaar meeding.

Suid-Afrika het vir die eerste keer in 2007 met Bougas kennis gemaak toe hy aan Supersterre deelgeneem het. Deesdae sien ons hom as aanbieder van verskillende programme soos Sing in Harmonie, Kleuterzone en Solis vir Christus. Hy het al selfs ’n draai in die sepie Villa Rosa gemaak.

“Die kompetisie het geweldig hierdie jaar gegroei. Kore wat deurdring na die finaal is op ’n hoë standaard en harde werk spreek vanself. Ek dink Sing in Harmonie skep ’n nuwe platform vir kore regoor ons land. As gevolg van TV-dekking, kry koorleiers ook nou die geleentheid om hulle te meet aan ander kore tydens die uitsendings. Dit het ’n groot impak op die groei van standaard. Daar is kore wat so verbeter het sedert die eerste jaar,” sê Bougas.

Volgens hom het die beoordelaars “regtig hierdie jaar gesukkel om wenners aan te wys”.

“Dit was vir ons ongelooflik om die groei van elke koor te sien sedert die episode-opnames tot die finaal. ’n Mens kan werklik sien dat kore geluister het na die kommentaar en dit geïmplementeer het in hulle repertorium.”

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ondersteun dié koorkompetisie vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Johan Jansen van Vuuren, projekbestuurder van die FAK, sê die FAK tree op as trotse kultuurvennoot van Sing in Harmonie.

“Die bevordering van koormusiek is vir die FAK baie belangrik. Deelnemers ontvang FAK-sertifikate, wenkore ontvang FAK-trofees en FAK-Sangbundels word uitgedeel. Die bevordering van koormusiek is die sleutel tot jeugontwikkeling en taalgrense.”

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
DA blames ANC for rising crime in Gauteng

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: