Suid-Afrika se beste blinde krieketspelers in aksie by plaaslike klub

Die nasionale kampioenskap vir blinde krieketspelers is verlede week by die Sinoville Krieketklub aangebied.

Ses provinsies is by hierdie toernooi verteenwoordig. Die Titans, wat as tuisspan deelgeneem het, was in kompetisie met Gauteng, Westelike Provinsie (WP), Boland, Natal en die Vrystaat.

Spanne bestaan uit spelers wat in verskillende kategorieë opgedeel word. ‘n Speler in die B1 kategorie is heeltemal blind, terwyl spelers in die B2 kategorie baie swak sig het (tot op drie meter) en spelers in die B3 kategoerie het sig wat strek tot by ses meter.

Ná ‘n rondomtalie-toernooi het Gauteng en Natal in die eerste halfeinstryd teen mekaar te staan gekom, terwyl Boland teen die WP uitgespeel het.

Gauteng het Boland daarna in die eindstryd ontmoet. Hulle het die Kapenaars maklik met tien paaltjies geklop om as nasionale kampioen gekroon te word.

Die konsep van krieket vir blindes het sy oorsprong in Indië en dit het kort na die Tweede Wêreldoorlog ontstaan. Suid-Afrika is egter eers in die 1990’s aan blinde krieket blootgestel. Ná die besoek van ‘n toerspan uit Engeland in daardie tydperk het blinde krieket eers in die Wes-Kaap gevestig en daarna het dit ook na ander dele van die land uitgebrei.

Sedertdien vind die nasionale kampioenskap jaarliks plaas, terwyl daar ook gereeld ‘n nasionale span gekies word om Suid-Afrika te verteenwoordig. Daar is verlede week na afloop van die kampioenskap ook ‘n Protea-span gekies wat Suid-Afrika volgende jaar in Pakistan by die wêreldbeker toernooi sal verteenwoordig.

Die Blinde Proteas (ook bekend as die Ama Tieng-Tiengs), vaar gewoonlik baie goed op die wêreldbeker toernooi. Dié span het 20 jaar gelede in 1998 die eerste keer aan die toernooi deelgeneem en dit in daardie jaar ook gewen.

Op ‘n tegniese vlak verskil blinde krieket heelwat van die gewone spel soos dit algemeen bekendstaan. Die bal wat gebruik word is van plastiek en dit bevat staal balletjies wat geraas maak as dit geboul word, sodat die kolwer die bal kan hoor aankom.

Boulers moet ook die bal deur middel van ‘n onder-arm askie aflewer, wat die kolwer ‘n beter kans bied om dit raak te slaan.

Beamptes van die Sinoville Krieketklub was veral beïndruk met die kameraadskap onder die spelers by die toernooi, sowel as die entoesiasme waarmee hulle die spel benader.

 

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

 

  AUTHOR
Koos Venter
Sport Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Blou Bulle bied provinsiale Platteland toernooi aan

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: