Kleuters vier Hemelvaartdag

Opvoeders kry al die kinders bymekaar om die ballonne in die lig vry te laat. Foto: Danielle Ströh

Dit was ’n koel maar sonnige 5 Mei in Pretoria toe babas, kleuters, opvoeders en ouers bymekaar gekom het by die Moreleta Duifies Kleuterskool vir Hemelvaartdag.

“So baie mense vergeet dat dit Hemelvaartdag is omdat dit nie meer ’n openbare vakansiedag is nie,” sê Ansie Wessels van Moreleta Duifies Skool.

“Ons kan ongelukkig nie ons skool sluit nie want ouers werk en ons moet na hulle kinders omsien.”

Om die dag vir ieder en elk ekstra spesiaal te maak is elke kind in ‘n blou t-hemp aangetrek wat geskenk is aan die skool.

Sowat 400 ligblou, donkerblou en ligpers ballonne met boodskappe en gebedsversoeke van die kinders is die lug ingestuur.

Hoe het jy Hemelvaartdag gevier? Stuur gerus jou fotos aan [email protected]

Lees ook:

Queenswood herdenk Hemelvaartdag

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na [email protected] vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Danielle Garrett

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Two Bronkhorstspruit men accused of assaulting 10-year-old girl